Midjaar-uitbranding - Anja van Beek

Loading player...
Ons is amper halfpad deur die jaar, en vir baie mense begin die druk van sperdatums, werkverpligtinge en persoonlike verantwoordelikhede nou ophoop. Dit kan lei tot uitputting, stres en selfs uitbranding. Maar hoe weet jy wanneer jy bloot moeg is, en wanneer jy op pad is na ernstige uitbranding? Ons gesels vandag met Anja van Beek, leierskapstrateeg en stigter van WholeLeader Collective, oor midjaar-uitbranding en hoe werknemers én werkgewers dit kan voorkom.

Anja verwys na 3 "HIGH PERFORMANCE ENERGY" - gewoontes wat jy kan beoefen om vinnig jou battery te herlaai:
1. Dankbaarheid - dis wetenskaplikbewys dat mense wat gereeld nadink oor dinge waarvoor hul dankbaar is, meer veerkragtig is
2. Humor - bring meer lag in jou dag in
3. Optimistiese lewensuitkyk - leer jou brein om die positiewe deel in elke situasie te soek
23 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min