SA Weermag op bystand geplaas vir migrante-spertyd

Loading player...
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê sy is tevrede dat die nodige koördineringsmeganismes in die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep in plek is om vinnig en doeltreffend te reageer op enige gebeurlikheid tydens die teen-immigrasie-betogings volgende week. Teen-immigrantegroepe het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde buitelandse burgers om Suid-Afrika te verlaat. Motshekga sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is as 'n gebeurlikheidsmaatreël op bystand geplaas:
23 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA regering sluit steeds bruin gemeenskappe uit: NCC

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sê bruin gemeenskappe word steeds benadeel en ekonomies uitgesluit. Hy het die ANC en die DA in die Wes-Kaap gekritiseer tydens 'n onderhoud met die SABC voor volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Adams sê indiensnemingsbeleide beperk geleenthede vir bruin jeugdiges en…
26 Oct 11AM 1 min

Ja, vleis van Meatco-verslagtings word plaaslik verkoop

Meatco het bevestig dat die maatskappy môre en Woensdag meer as 400 beeste sal slag. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira gesê slegs beeste wat reeds aan Meatco behoort en in sy eie voerkrale gehou word, sal verwerk word. Sy het ook bevestig dat al…
26 Oct 11AM 1 min

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min