Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?

Loading player...
Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra om 'n opdatering te verskaf oor die ondersoek wat hy by 'n openbare vergadering in Rehoboth in Maart belowe het.
23 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kanada sal met VSA oor handel onderhandel, maar...

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê hulle sal steeds met Amerika onderhandel oor 'n nuwe handelsooreenkoms, maar kan reageer as nuwe dreigende tariewe in werking tree. President Donald Trump se administrasie het nuwe tariewe van 50-persent op 'n reeks Kanadese goedere aangekondig wat vanaf 19 Augustus sal geld. Carney…
24 Jul 8AM 1 min

Onveranderde rentekoerse 'bied verligting aan landbou'

Standard Bank sê die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om rentekoerse onveranderd te laat, bied welkome verligting vir die landbousektor. Dis geneem ondanks die inflasiekoers wat verlede maand tot vyf-persent gestyg het. Brendan Jacobs van Standard Bank waarsku dat die landbou-sektor steeds aansienlike eksterne risiko’s ondervind, veral weens die…
24 Jul 8AM 1 min

Cyril kry tussentydse interdik teen ampsklagondersoek

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het 'n tussentydse interdik aan president Cyril Ramaphosa toegestaan wat die Parlement se Artikel 89-ampsklagondersoek staak. Die volbank het in 'n verdeelde beslissing bevind die ampsklagkomitee moet sy verrigtinge opskort hangende die uitslag van die hersieningsaansoek, waarin Ramaphosa die wettigheid van die onafhanklike paneel se verslag oor…
24 Jul 8AM 1 min

Nsfaf-uitbetalings dalk einde Julie afgehandel

Na weke van protesoptogte en gesprekke tussen studente-unies, die regering en Nsfaf, blyk die studente-uitbetalings-sage om vordering te toon. Nsfaf werk deur 'n beduidende agterstand en verwerk daagliks gemiddeld 1 615 studente-aansoeke en -uitbetalings, met die doel om alle uitstaande agterstallige nie-klasgeld-agterstallige betalings van April tot Julie teen die einde…
24 Jul 8AM 1 min

Midde-Ooste op die "rand van die ondenkbare"

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die toenemende konflik tussen Amerika en Iran buite beheer raak en die Midde-Ooste op die “rand van die ondenkbare” plaas. Oliepryse het skerp gestyg nadat president Donald Trump gedreig het dat hy ʼn massiewe aanval teen Teheran oorweeg, groter as die…
24 Jul 6AM 1 min