Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums

Loading player...
Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's oor die stand van misdaad in Pretoria, die uitdagings waarmee hulle te doen kry en hoe inwoners self kan bydra tot veiliger gemeenskappe. In die ateljee is De Wet Ungerer - Gemeenskapsveiligheid steekshoof AfriForum Gauteng Noord, Aris Ruyter - Alpha Security Forum & Garsfontein CPF en Louis Erasmus - Brooklyn Sektor 2 GPF.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min