Bafana-afrigter glo hulle kan geskiedenis maak

Loading player...
Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, glo sy span het wat nodig is geskiedenis te maak wanneer hulle môre teen Suid-Korea speel in hul laaste Groep A-Wêreldbeker-wedstryd in Monterrey. Suid-Afrika sal die Oos-Asiatiese span moet klop en hoop die mede-gasheer, Mexiko, verslaan die Tsjeggiese Republiek sodat Bafana die eerste keer na die ronde van 32 kan deurdring. Broos verwag 'n moelike wedstryd teen 'n taai en fisieke Suid-Korea:
24 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Midde-Ooste op die "rand van die ondenkbare"

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die toenemende konflik tussen Amerika en Iran buite beheer raak en die Midde-Ooste op die “rand van die ondenkbare” plaas. Oliepryse het skerp gestyg nadat president Donald Trump gedreig het dat hy ʼn massiewe aanval teen Teheran oorweeg, groter as die…
24 Jul 6AM 1 min

ANC-jeugliga vra gelyke aandag op groei, werkskepping

Die ANC-jeugliga sê ekonomiese beleide moet gelyke klem plaas op groei, vervaardiging en werkskepping, en inflasiebestuur. Verbruikersprysinflasie het verlede maand tot vyf-persent geklim – die hoogste vlak in twee jaar. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 7,5-persent gehou en die prima uitleenkoers op 10,50-persent. Die jeugliga…
24 Jul 6AM 1 min

RMB Brandberg Backyard Ultra samel N$286 800 vir bewaring in

Die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 is afgesluit, met die opvolg WhatsApp-veiling wat oor twee dae 286 800 Namibiese dollar vir wildbewaring ingesamel het. Mede-organiseerder Nico Scholtz het hardlopers, vrywilligers, borge, skenkers en bieërs bedank vir die sukses van die geleentheid en gesê die fondse sal Save the Rhino Trust…
24 Jul 5AM 1 min

Weerkenner sê hierdie El Niño herinner aan 2015

El Niño en die positiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool ontwikkel vinnig en begin al hoe meer na 2015 se toestande lyk. Dit is ’n kombinasie wat baie droë en warm toestande kan bring. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê aan AMT dit sal veroorsaak dat die laaste ryp…
24 Jul 5AM 1 min