Dobbelary onder SA se studente wek kommer

Loading player...
Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube-Ncube, sê dobbelary het 'n ernstige impak op studente se akademiese prestasie, finansies en geesteswelstand. Dube-Ncube het tydens 'n Dobbelary- en Studentewelstandsimposium by die Universiteit Stellenbosch gewaarsku studente wat by dobbelary betrokke is, kan klasse misloop, sukkel om te konsentreer en akademies swak presteer. Sy het bygevoeg sommige studente herlei selfs geld wat bedoel is vir noodsaaklikhede soos klasgeld en kos om dobbelary te finansier:
25 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min

Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party…
26 Oct 10AM 1 min

Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië

Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die…
26 Oct 9AM 1 min

Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock

Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje…
26 Oct 9AM 1 min