Polisie moet skole help oppas in vakansie: DA

Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap sê sigbare wetstoepassing en pro-aktiewe ingryping by skole is nodig omdat dit toenemend die teikens word van opsetlike beskadiging en diefstal. Die provinsiale Onderwysdepartement het tydens verlede jaar se wintervakansie sekerheids-maatreëls by 424 skole ondersteun. Dis vanjaar uitgebrei na 453 hoërisiko-skole. Peter Johnson van die DA sê 11,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die huidige boekjaar toegeken vir sekerheids-maatreëls tydens vakansies, al is misdaadvoorkoming eintlik die polisie se verantwoordelikheid:
25 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min

Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party…
26 Oct 10AM 1 min

Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië

Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die…
26 Oct 9AM 1 min

Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock

Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje…
26 Oct 9AM 1 min

Aussies wil beter kolf in 3de toets teen Proteas

Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en 'n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew…
26 Oct 8AM 1 min