FIC kry miljoene in ontduikte belasting terug

Loading player...
Vars na die land se verwydering van die gryslys is die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag vrygestel en die direkteur, Bryan Eiseb, het by die geleentheid gesê dat 25 miljoen Namibiese dollar in dié boekjaar verbeur is weens vermoedelike finansiële misdade. Hy het aangedui dat die bekamping van geldwassery en belastingontduiking gelei het tot die terugvordering van 29 miljoen dollar in belasting. Eiseb sê volgens die Finansiële Aksie-taakmag is Namibië 'n model-land in Afrika.
25 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min

Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party…
26 Oct 10AM 1 min

Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië

Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die…
26 Oct 9AM 1 min

Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock

Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje…
26 Oct 9AM 1 min

Aussies wil beter kolf in 3de toets teen Proteas

Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en 'n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew…
26 Oct 8AM 1 min