Venezuela se twee reuse aardbewings op 24 Junie het die land in chaos gedompel met derduisende wat nog vermis word, duisende wat dood is en infrastruktuur wat in puin lê. Die hoof van die Internasionale Reddingskomitee, Rafael Garcia, sê hulle ontplooi nou mediese bystand sowel as water en sanitasie.
Statistiek Suid-Afrika sê skuldverwante siviele hofsake het in die drie maande tot Mei toegeneem. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 1,4-persent gestyg, terwyl die aantal siviele vonnisse in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar met 7,4-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die…
President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Water-aksieplan bekendgestel om die basiese oorsake van die watervoorsieningskrisis in baie munisipaliteite te hanteer. Die plan sit strategiese ingrypings uiteen om die krisis op die kort, medium en lang termyn aan te spreek. Hy het in Februarie die aanstelling van die Nasionale Waterkrisis-komitee aangekondig…
Bank Windhoek doen 'n beroep op hul kliënte vir groter waaksaamheid namate swendelary meer gesofistikeerd word. Die Bank se uitvoerende hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, Jacquiline Pack, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat bedrieërs ook hul metodes aanpas. Hulle gebruik dikwels vals SMS-waarskuwings, e-posse, sosiale media-boodskappe en telefoonoproepe om…
President Donald Trump van Amerika se administrasie stel tariewe van tussen 10- en 12,5-persent in teen 60 handelsvennote wat nie Namibië insluit nie maar wel Suid-Afrika. Die rede is die lande se versuim om maatreëls doeltreffend toe te pas om die invoer van goedere wat deur dwangarbeid vervaardig is, te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.