Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het met 2,3-persent in Mei gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, wat voortgesette groei in verbruikersbesteding toon. Die grootste toenames het van ander kleinhandelaars, klerasie- en skoeiselwinkels en algemene handelaars gekom. Raquel Floris van Statistiek SA sê oor die drie maande tot Mei was…
Die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê Namibië se toekoms hang af van doeltreffende belegging in jongmense. Kaire het tydens die vrystelling van die nuwe VN Bevolkingsfonds se Democratic Futures-opname gesê dat die jeug ambisieus bly ten spyte van werkloosheid, ongelykheid, beperkte geleenthede en ongelyke toegang tot…
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Oorlogsmagte-resolusie aanvaar wat president Donald Trump beveel om die weermag aan die konflik met Iran te onttrek. Vier Republikeine het saam met die Demokrate ten gunste van die maatreël gestem, wat die stemme op 214 teenoor 208 gebring het. Die Senaat het ook…
Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê 'n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien…
Die Namibiese Nasionale Boogskietspan is in Algerië by die Afrika-kampioenskappe waar 17 lande en ongeveer 140 skuts meeding. Dit is 'n wêreldranglys kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Die Boogskiet Vereniging se Jannie Meuwesen het meer oor die uiters goeie uitslae.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.