Cosatu spreek kommer uit oor aanstelling van Dina Pule

Loading player...
Die vakverbond Cosatu het kommer uitgespreek oor moontlike gevolge van die veranderinge wat president Cyril Ramaphosa in die regering van nasionale eenheid se uitvoerende bestuur gemaak het. Die veranderinge het grootliks op versoek van die DA-leier Geordin Hill-Lewis gevolg. Matthew Parks van Cosatu sê die aanstelling van Dina Pule as nuwe minister van Maatskaplike Ontwikkeling is uiters kommerwekkend gesien in die lig van die donker wolk waaronder sy voorheen as minister verwyder is. Hy het bygevoeg mense wat in die kabinet aangestel word moet van die hoogste integriteit wees:
2 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Noordwes-polisie geprys vir die ontdekking van ‘n vermeende dwelmlaboratorium in Ramokokastad

Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, Peter Adams, het die polisie geprys vir hul operasionele optrede ná die ontdekking van nog ’n vermeende geheime dwelmlaboratorium in Thabeng-seksie, Ramokokastad, in Mogwase. Polisiewoordvoerder Thuto Bobelo sê beamptes het ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgevoer nadat inligting ontvang is oor vermoedelike dwelmvervaardigingsaktiwiteite op…
26 Oct 2AM 1 min

Vroue gemobiliseer om padveiligheid voor feestyd te bevorder

Die Vroue-forum vir Padveiligheid wil meer vroue mobiliseer om ’n aktiewe rol in die bevordering van veiliger paaie te speel, veral met die feestyd wat nader kom. Die forum se voorsitter, Tuhafeni Shilongo, het tydens ’n padveiligheidsdag in Otjiwarongo gesê vroue kan deur verantwoordelike padgebruik en bewusmaking in hul gemeenskappe…
26 Oct 2AM 1 min

Motorsport: Antonelli op rand van eerste F1-wêreldtitel na sege in Amerika

Die Italianer Kimi Antonelli is ʼn treetjie nader aan sy eerste Formule Een-bestuurderskampioenskap-titel nadat hy by die Amerikaanse Grand Prix uit die eerste wegspringplek ʼn oorwinning behaal het. Ferrari-renjaer Charles Leclerc was tweede en Max Verstappen van Red Bull derde. Die Mercedes-bestuurder se naaste teenstanders, Lewis Hamilton van Ferrari, was…
26 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa glo die ANC sal baie hê om te vier ná die verkiesing

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in die party se verkiesingsvooruitsigte vir die plaaslikeregeringsverkiesing en gesê dat daar sal baie wees om te vier ná die verkiesing op 4 November. Hy het gister gepraat tydens 'n deur-tot-deur-veldtog in Soweto. Daar word verwag dat Soweto 'n belangrike strydveld in die…
26 Oct 2AM 1 min

Todd Blanche ontken bewerings dat Trump middeltermynverkiesing probeer ondermyn

Die Amerikaanse prokureur-generaal,Todd Blanche, het bewerings ontken dat president Donald Trump beplan om die uitslae van volgende maand se middeltermynverkiesing te ondermyn. Dit volg nadat die Departement van Justisie ’n regsgeding aanhangig gemaak het om die sertifisering van Alaska se Senaatsverkiesing te blokkeer, sou die sittende Republikeinse senator, Dan Sullivan,…
26 Oct 1AM 1 min