MUN sal oog hou op Ohorongo-Cheetah samesmelting

Loading player...
Die Mynwerkersvakbond het die opheffing van die voorgestelde aflegging van 87 Cheetah Cement-werknemers verwelkom. Die opheffing volg op lynminister Modestus Amutse se besluit om die mededingingskommissie se blokkering van die maatskappy se samesmelting met Ohorongo Cement om te keer. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, gepraat, wat sê dat hulle ontwikkelinge noukeurig sal monitor en die werkgewer aanspreeklik sal hou vir sy verbintenisse.
7 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorwinning oor Bokke kersie op koek: All Black-legende

Rugby: Die voormalige All Black-kaptein Sean Fitzpatrick sê 'n reeksoorwinning oor die Springbokke in Suid-Afrika sal die kersie op die koek wees, en die perfekte wegspringplek vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Nieu-Seeland sal tydens die Greatest Rivalry-toer teen die vier Suid-Afrikaanse Verenigde Rugby-kampioenskapspanne speel, asook vier toetse teen die Bokke…
23 Jul 9AM 1 min

Johnson erken aan Madlanga sy’t parlement mislei

Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie erken sy het die parlementêre ad hoc-komitee verkeerde inligting gegee oor die tydlyn van die ondersoek na die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo. Sy het geantwoord op vrae van kommissaris Sesi Baloyi. Johnson het toegegee sy het…
23 Jul 9AM 1 min

CAF-president Motsepe sal nie derde termyn dien nie

Sokker: Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, sê hy het geen voorneme om nog 'n termyn te dien na diens van agt jaar aan die hoof nie. Die mynmagnaat en gewese president van Mamelodi Sundowns het in Maart 2021 as CAF-president oorgeneem en is verlede jaar vir…
23 Jul 8AM 1 min

Dirco sê Ghanese se Strafhof-versoekskrif is opportunisties

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking beskryf twee Ghanese burgers se versoekskrif aan die Internasionale Strafhof as opportunisties. Hulle vra die hof vir 'n voorlopige ondersoek na aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika omdat hulle glo dit kan neerkom op misdade teen die mensdom. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri,…
23 Jul 8AM 1 min