Rugby: Die voormalige All Black-kaptein Sean Fitzpatrick sê 'n reeksoorwinning oor die Springbokke in Suid-Afrika sal die kersie op die koek wees, en die perfekte wegspringplek vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Nieu-Seeland sal tydens die Greatest Rivalry-toer teen die vier Suid-Afrikaanse Verenigde Rugby-kampioenskapspanne speel, asook vier toetse teen die Bokke…
Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie erken sy het die parlementêre ad hoc-komitee verkeerde inligting gegee oor die tydlyn van die ondersoek na die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo. Sy het geantwoord op vrae van kommissaris Sesi Baloyi. Johnson het toegegee sy het…
Sokker: Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, sê hy het geen voorneme om nog 'n termyn te dien na diens van agt jaar aan die hoof nie. Die mynmagnaat en gewese president van Mamelodi Sundowns het in Maart 2021 as CAF-president oorgeneem en is verlede jaar vir…
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking beskryf twee Ghanese burgers se versoekskrif aan die Internasionale Strafhof as opportunisties. Hulle vra die hof vir 'n voorlopige ondersoek na aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika omdat hulle glo dit kan neerkom op misdade teen die mensdom. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.