Rusland se atlete mag aan die Spele deelneem

Loading player...
Die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee se skorsing voorwaardelik opgehef en Russiese atlete kan nou aan sommige span-items en kwalifiserende kompetisies deelneem voor 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles. Die Russiese vlag en volkslied word steeds verbied. Die IOK se president, Kirsty Coventry, sê ʼn atleet se deelname aan internasionale kompetisies moenie beperk word wanneer hulle land in ʼn oorlog gewikkel is nie:
8 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAF-president Motsepe sal nie derde termyn dien nie

Sokker: Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, sê hy het geen voorneme om nog 'n termyn te dien na diens van agt jaar aan die hoof nie. Die mynmagnaat en gewese president van Mamelodi Sundowns het in Maart 2021 as CAF-president oorgeneem en is verlede jaar vir…
23 Jul 8AM 1 min

Dirco sê Ghanese se Strafhof-versoekskrif is opportunisties

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking beskryf twee Ghanese burgers se versoekskrif aan die Internasionale Strafhof as opportunisties. Hulle vra die hof vir 'n voorlopige ondersoek na aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika omdat hulle glo dit kan neerkom op misdade teen die mensdom. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri,…
23 Jul 8AM 1 min

VSA kan tariewe oorweeg oor Britte se verbod op tiener sosiale media

Tariewe is nie uitgesluit na die Verenigde Koninkryk se sosiale media verbod vir kinders onder 16 ingestel is, nie. Dit is die mening van die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje Warren Stephens. In 'n onderhoud met Sky News sê hy, hy kan die beleid verstaan maar, Amerikaanse maatskappye word geteiken.
23 Jul 6AM 1 min

Cosatu glo repokoers gaan vandag op

Die vakverbond Cosatu sê hy verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan die terugkoopkoers vandag verhoog as gevolg van die verhoging in inflasie. Volgens Statistiek Suid-Afrika het inflasie van 4,5-persent in Mei tot vyf-persent gestyg en het die hoogste vlak sedert Junie 2024 bereik weens vervoerkoste wat pryse laat styg het. Jaarlikse…
23 Jul 6AM 1 min