
Pensioen: Uitbetalings van verhoging kom in fases
Loading player...
Vele pensioenarisse het hul frustrasie uitgespreek nadat hulle nie die terugwerkende betaling ontvang het na die 100 Namibiese dollar verhoging in die ouderdomstoelaag nie. Die maatskaplike welsyn-ministerie sê egter dat die betalings in fases uitgerol word, met alle kwalifiserende begunstigdes wat na verwagting teen September hul terugwerkende bedrae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Lukas Haufiku gepraat.

