Groenwaterstof mik hoog

Loading player...
Volgens Joseph Mukendwa, die waarnemende hoof van die Groenwaterstofprogram, het Namibië die potensiaal om groenwaterstofprodukte uit te voer as deel van die land se kommoditeit-uitvoere. Hy het tydens die bekendstelling van die plaaslike projek deur die Global Environment Facility in samewerking met VN se Industriële Organisasie gepraat.
10 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar sal altyd 'n plek vir die Statebondspele wees

Die Statebondspele begin vandag in Glasgow, Skotland. Meer as 3 000 atlete uit 74 lande sal aan 215 medalje-items in 16 sportsoorte deelneem. Ses van die sportsoorte is geïntegreerde para-sportsoorte. Namibië is ook verteenwoordig. Glasgow is aangewys nadat die Australiese staat Victoria in Julie 2023 as gasheer van die Spele…
23 Jul 3AM 1 min

Ampsklagkomitee verleng sperdatum vir benoeming van getuienisleier

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om die sperdatum vir politieke partye om kandidate vir die aanstelling as 'n getuienisleier te benoem, te verleng. Na aanleiding van die benoemings van politieke partye, is slegs vier advokate op die kortlys beskikbaar om onmiddellik te begin. Hulle is Kate Hofmeyr, Vuyani Ngalwana, Ismail…
23 Jul 3AM 1 min

DA sal manifes in Augustus in Johannesburg bekendstel

Die DA het aangekondig hulle gaan hul manifes vir die plaaslike regeringverkiesing van 2026 op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Volgens die party is die stad gekies omdat die party glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November…
23 Jul 2AM 1 min

Landelike gbiede kort dringend aandag

Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu het die regering versoek om die ontwikkeling van landelike toegangspaaie te prioritiseer en gewaarsku dat verwaarloosde infrastruktuur noodsaaklike dienste vertraag en lewens in gevaar stel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat die meeste landelike paaie slegs toeganklik is met 4x4-voertuie, terwyl swak…
23 Jul 2AM 1 min

Meer oor VSA-Saoedi kernooreenkoms

President Donald Trump van Amerika het ʼn belangrike kern-ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die Golf-koninkryk sal toelaat om ʼn burgerlike kernenergie-program met ondersteuning van Amerikaanse maatskappye te ontwikkel. Saoedi-Arabië wat lank reeds ʼn Amerikaanse bondgenoot is, huisves talle Amerikaanse basisse wat deur Iran aangeval is. Die ooreenkoms word nou na…
23 Jul 1AM 1 min