Deursigtigheid, aanspreeklikheid in visserye kort dringende aandag

Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se uitvoerende direkteur, Graham Hopwood, neem tans deel aan die United Nations on Drugs and Crime se streekskonferensie in Nairobi, Kenia oor die aanspreek van korrupsie en finansiële misdaad in die visseryesektor. Die konferensie bring verteenwoordigers van regerings, teenkorrupsie-agentskappe, finansiële intelligensie-eenhede, visseryowerhede, wetstoepassingsliggame, die burgerlike samelewing, akademici en internasionale organisasies van reg oor Afrika bymekaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Hopwood gepraat, wat sê die fokus is deursigtigheid en aanspreeklikheid, waaraan Namibië se visserye-ministerie dringend moet aandag gee.
10 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar sal altyd 'n plek vir die Statebondspele wees

Die Statebondspele begin vandag in Glasgow, Skotland. Meer as 3 000 atlete uit 74 lande sal aan 215 medalje-items in 16 sportsoorte deelneem. Ses van die sportsoorte is geïntegreerde para-sportsoorte. Namibië is ook verteenwoordig. Glasgow is aangewys nadat die Australiese staat Victoria in Julie 2023 as gasheer van die Spele…
23 Jul 3AM 1 min

Ampsklagkomitee verleng sperdatum vir benoeming van getuienisleier

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om die sperdatum vir politieke partye om kandidate vir die aanstelling as 'n getuienisleier te benoem, te verleng. Na aanleiding van die benoemings van politieke partye, is slegs vier advokate op die kortlys beskikbaar om onmiddellik te begin. Hulle is Kate Hofmeyr, Vuyani Ngalwana, Ismail…
23 Jul 3AM 1 min

DA sal manifes in Augustus in Johannesburg bekendstel

Die DA het aangekondig hulle gaan hul manifes vir die plaaslike regeringverkiesing van 2026 op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Volgens die party is die stad gekies omdat die party glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November…
23 Jul 2AM 1 min

Landelike gbiede kort dringend aandag

Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu het die regering versoek om die ontwikkeling van landelike toegangspaaie te prioritiseer en gewaarsku dat verwaarloosde infrastruktuur noodsaaklike dienste vertraag en lewens in gevaar stel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat die meeste landelike paaie slegs toeganklik is met 4x4-voertuie, terwyl swak…
23 Jul 2AM 1 min

Meer oor VSA-Saoedi kernooreenkoms

President Donald Trump van Amerika het ʼn belangrike kern-ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die Golf-koninkryk sal toelaat om ʼn burgerlike kernenergie-program met ondersteuning van Amerikaanse maatskappye te ontwikkel. Saoedi-Arabië wat lank reeds ʼn Amerikaanse bondgenoot is, huisves talle Amerikaanse basisse wat deur Iran aangeval is. Die ooreenkoms word nou na…
23 Jul 1AM 1 min