Beeskloutjies toenemend gestroop

Loading player...
Die onwettige oes van Namibië se bedreigde lithops, of beeskloutjies, en ander beskermde plante het in die parlement ter sprake gekom, met omgewingminister Indileni Daniel wat onthul het dat 40 gevalle van plantstropery oor die afgelope vyf jaar aangeteken is. Daniel sê die Intelligensie-ondersoekeenheid van die Direktoraat van Natuurlewe en Nasionale Parke gaan voort om onwettige oes te monitor en te ondersoek. Aangetekende gevalle het op twee in 2021 gestaan, gestyg tot 12 in 2022 en 17 in 2023, voordat dit gedaal het tot sewe in 2024 en twee in 2025.
12 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer oor VSA-Saoedi kernooreenkoms

President Donald Trump van Amerika het ʼn belangrike kern-ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die Golf-koninkryk sal toelaat om ʼn burgerlike kernenergie-program met ondersteuning van Amerikaanse maatskappye te ontwikkel. Saoedi-Arabië wat lank reeds ʼn Amerikaanse bondgenoot is, huisves talle Amerikaanse basisse wat deur Iran aangeval is. Die ooreenkoms word nou na…
23 Jul 1AM 1 min

Afcon verhoog prysgeld vir Vroue-Afrikabeker

Die Konfederasie van Afrika-sokker het die prysgeld vir die Vroue-Afrikabeker, wat Sondag in Marokko begin, aansienlik verhoog. Volgens die nuwe struktuur sal die kampioene nou byna 33 miljoen Namibiese dollar ontvang, die naaswenners 12,4 miljoen dollar, en die span wat derde is, 8,2 miljoen dollar. Elkeen van die 16 nasionale…
23 Jul 1AM 1 min

Nuwe slenter teiken NaTIS

Die Paaie-owerheid doen 'n beroep op die publiek om op hul hoede te wees nadat bedrieërs vals SMS-boodskappe begin versprei het wat beweer dat ontvangers uitstaande spoedboetes het. Die boodskappe lei mense om op 'n betaalskakel te klik, maar die owerheid beklemtoon dat dit 'n bedrogspul is. Die woordvoerder van…
23 Jul 1AM 1 min

Kuberinsidente styg met amper 40% in K2

Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan sê kuberbedreigings eskaleer vinnig reg oor die land. Nuwe syfers wat deur Cran vrygestel is, toon dat meer as 513 000 kuberkwesbaarhede tussen April en Junie vanjaar opgespoor is, 'n toename van 39,8 persent vanaf die vorige kwartaal, terwyl 161 547 kuberkraak-pogings aangeteken is, wat 'n toename…
23 Jul 12AM 1 min

Lugvaartkenner sê hy is positief oof Namibia Air

Die beplande nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, belowe bekostigbare kaartjiepryse van onder 2 000 Namibiese dollar, maar lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê die geadverteerde pryse weerspieël moontlik nie die volle kosteprentjie nie. Hy sê lughawebelasting, brandstofheffings, vraginkomste en passasiersvraag sal alles die pryse beïnvloed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1…
23 Jul 12AM 1 min