
NAB verheug oor druiwe-ooreenkoms met China
Loading player...
Die landbouministerie en China se Algemene Doeane-administrasie het amptelik 'n protokol onderteken wat die fitosanitêre vereistes vir die uitvoer van vars tafeldruiwe van Namibië na China vasstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham, die bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad gepraat, wat die stap verwelkom.

