
Staatsadvokate konkel nie oor mediese hofeise nie
Loading player...
Die justisieministerie het bewerings ontken dat staatsadvokate onbehoorlik saamspan in die skikking van mediese vergoedingseise van etlike miljoene dollar. Dit volg op berigte dat die gesondheidsministerie tussen 2019 en 2024 sowat 14,7 miljoen Namibiese dollar in mediese eise betaal het. 'n Onlangse mediaberig het kommer uitgespreek dat sommige staatsadvokate moontlik twyfelagtige skikkings deurgejaag of met senior amptenare van die justisieministerie saamgewerk het om voordeel uit uitbetalings te trek. Die ministerie se woordvoerder, Edmund Khoaseb, verwerp die bewerings:

