
Gesondheid sê cholera is verby
Loading player...
Die gesondheidministerie het amptelik verklaar dat die cholera-uitbreking verby is nadat 82 bevestigde gevalle en een sterfte aangeteken is. Altesaam 282 vermeende gevalle is ook aangemeld. Die ministerie sê meer as 28 dae het verloop sonder enige nuwe infeksies in die betrokke distrikte van Opuwo en Grootfontein. Namibië het sy eerste cholera-geval in 'n dekade in Maart 2025 aangemeld. Woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, het meer oor hoe cholera-besmetting verhoed kan word.

