
Trump glo steeds in 'ooreenkoms met Iran'
Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy glo steeds 'n ooreenkoms kan met Iran bereik word, ten spyte van hernieude militêre optrede. Die Amerikaanse weermag het gisteraand vir 'n derde agtereenvolgende nag aanvalle teen Teheran uitgevoer op militêre instellings, insluitend kusmoniteringstelsels, en hommeltuig- en missielvermoëns. Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wag het in reaksie verskeie wapenondersteuningspakhuise geteiken en vernietig, asook 'n satellietkommunikasiesentrum en 'n gebou wat Amerikaanse magte in Bahrein huisves. Trump sê Amerika sal voortgaan met aanvalle totdat die bedreiging weg is:

