
Transworld Cargo belê groot in koueketting spilpunt
Loading player...
Transworld Cargo is tans besig om sy super-sentrum vir die uitvoer van vars produkte in Walvisbaai te voltooi en sal teen Oktober operasioneel wees. Dit is 'n reuse infrastruktuurprojek en meer as 170 miljoen Namibiese dollar is in die infrastruktuur belê. Dit kom na die toets-uitvoere van twee besendings vars avokadopere in April vanaf Zambië vroeër vanjaar. Fritz Kaufmann, die maatskappy se besigheid-ontwikkelingsbestuurder het meer.

