
Duwisib bly gesluit, sedert 2022
Loading player...
Namibia Wildlife Resorts bevestig dat die Duwisib-kasteel steeds gesluit is vir besoekers en tot verdere kennisgewing toe sal bly. Die kasteel is in die vroeë 1900's deur die Duitse weermagoffisier Baron Hans Heinrich von Wolf vir sy Amerikaanse bruid, Jayta, gebou. NWR se woordvoerder, Epson Kasuto, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat die kasteel sedert 2022 gesluit is as gevolg van Covid maar nou is daar ander uitdagings.

