
Daar ís oplossings vir leeu-probleme, maar niks makliks
Loading player...
Die voortdurende konflik tussen leeus en boere in die Kunene-streek bly 'n groeiende bron van kommer, met bewaringsbewustes wat waarsku dat daar geen kitsoplossing is nie. Die Namibian Lion Trust sê 'n kombinasie van kwynende prooidiere na jare van droogte en swak veebestuur dra by tot die toename in aanvalle op plaasdiere. Die Trust se direkteur, Tammy Hoth-Hanssen, vertel Kosmos 94.1 Nuus dat sterk leeubestande krale 'n opsie is, maar hulle is baie duur en instandhouding ontbreek.

