
Wat nou met soektog na seun se liggaam in Swakopmund?
Loading player...
Meer inligting is bekend oor die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund gepleeg het deur in die see te spring om te verdrink. Dinsdag was 'n skopgraaf gebruik om rotse van die breekwater te verwyder, maar die winkelsentrum se eienaar het dit stopgesit. Kosmos 94.1 Nuus het met Marthin Muyenga van Monarch Lifeguards, wat die soektog lei, gepraat.

