
Olieprys kan nog styg weens onsekerheid
Loading player...
Die prys van ru-olie het Dinsdag skerp gestyg, met Brent-olie wat vir die tweede agtereenvolgende dag tot meer as 87 Amerikaanse dollar per vat geklim het. Dit het later weer effe teruggesak na rondom 84 dollar per vat. Dit het gevolg na oor-en-weer aanvalle tussen die VSA en Iran, en Amerikaanse president Donald Trump gesê het die Iranse blokkade is hervat en 'n 20 persent tolfooi word op vragvervoer in die Straat van Hormuz gehef. AMT het met professor Waldo Krugell, ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, gepraat oor die verwagtinge vir ru-olie.

