VSA sê hy het nie koringbergingsilo in Iran gtref nie

Loading player...
Die Amerikaanse weermag het ontken dat sy magte 'n burgerlike koringbergingsfasiliteit in Iran getref het. Dit het Woensdag gesê dat militêre ‌teikens getref is om Teheran se vermoë om kommersiële skeepsvaart in die Straat van Hormuz aan te val, te verswak. Iran dreig intussen om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste te stop nadat Amerika 'n blokkade van sy hawens en skepe heringestel het, en vir die eerste keer lugaanvalle bedags uitgevoer het. Die militêre ontleder Robert Clark is deur Sky News gevra wat Amerika se strategie is met die nuwe vlaag aanvalle.
15 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vervolg hele Tembisa-sindikaat, vra stigting

Die Ahmed Kathrada-stigting verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se bevel vir die beslaglegging op 326-miljoen Suid-Afrikaanse rand se bates van die Hangwani Maumela-sindikaat, maar sê dis nie genoeg nie. Woordvoerder Anele Gcwabe vra die Nasionale Vervolgingsgesag om almal betrokke by die beweerde korrupsieskandaal van twee-miljard-rand in die Tembisa-hospitaal in Gauteng…
22 Jul 11AM 1 min

Oshana-boere juig oor vol Oponona-meer

'n Vol Oponona-meer bied hernude hoop aan sowat 300 boere in die Uuvudhiya-boerderygebied van die Oshana-streek, met boere wat sê die meer hou genoeg water om duisende vee vir ten minste die volgende drie jaar te onderhou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Ileni Nandjato, 'n boer in…
22 Jul 11AM 1 min

Walvisbaai-lughawe spog met nuwe vluginligtingstelsel

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het 'n nuwe vluginligtingstelsel van 1,3 miljoen Namibiese dollar by die Walvisbaai Internasionale Lughawe onthul. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, sê die digitale opgradering bied passasiers intydse vlugopdaterings dwarsdeur die terminaal, terwyl dit operasionele doeltreffendheid verhoog en die lughawe se verbintenis tot wêreldklasdiens versterk.
22 Jul 10AM 1 min

Finansiële insluiting in land op rekordvlak

Finansiële insluiting in Namibië het 'n rekordhoogtepunt bereik, met 86 persent van volwassenes, of meer as 1,56 miljoen mense, wat nou toegang tot finansiële dienste het. Dit is volgens die 2025 Namibië Finansiële Insluitingsopname wat vandag deur die Namibië Statistieke-agentskap vrygestel is. Die verslag toon 'n skerp styging vanaf 78…
22 Jul 10AM 1 min