
Rekord-oes, bergingsuitdagings
Loading player...
Namibië is op koers vir 'n rekord witmielie-oes van ongeveer 111 000 ton vanjaar, maar kommer groei oor of die land genoeg stoorkapasiteit het om dit te hanteer. Die voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging, Gernot Eggert, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat invoerbeheer en witmielie-prysregulering noodsaaklik bly om produsente te beskerm, maar waarsku dat die stelsel gereeld hersien moet word om te verseker dat die hele waardeketting volhoubaar bly.

