
Is daar 'n magstryd in Swapo?
Loading player...
Die parlement het vir sy middeljaar-reses verdaag sonder om enige van die sewe wetsontwerpe wat voor hom is, deur te voer. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gekry. Na sy mening kan nie net opposisiepartye die skuld vir die vertragings kry nie. Hy meen daar is tans 'n interne magstryd in Swapo.

