
Statebondspele-span ontvang landsvlag
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag amptelik die nasionale vlag aan die Namibiese span by Staatshuis oorhandig voor die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland. Die span van 23 atlete sal van 23 Julie tot 2 Augustus meeding in atletiek, para-atletiek, boks, swem, artistieke gimnastiek en rolbal. Die president het die span aangespoor om Namibië met integriteit en sportmanskap te verteenwoordig.

