
Kenner sê VSA stuur op 'n ramp af
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump verwys gereed na Herbert Hoover, wat die VSA gelei het tydens die Groot Depressie wat in 1929 begin het. Hy maak herhaaldelik melding van die feit dat hy nie Herbert Hoover wil wees nie maar, nou sê 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, professor Robert Pape dat Trump wel soos Hoover onthou sal word – eenvoudig omdat Amerika se reserwes opraak. Hy het met Sky News gepraat.

