
Oorskot van twee vryheidsvegters uit SA gerepatrieer
Loading player...
Die regering het bevestig dat die oorskot van 84 Namibiërs geïdentifiseer is wat in gevangenisskap in Suid-Afrika oorlede en begrawe is. 'n Hoëvlak Namibiese afvaardiging was vir vyf dae in Kaapstad om 'n historiese sending van stapel stuur om die oorskot van twee bevrydingshelde, Simon Petrus Nilenge en Festus Nehale, meer as 50 jaar na hul dood te repatrieer. Kosmos 94.1 Nuus het met Swapo-veteraan Nahas Angula gepraat.

