
Mandela-maand handel oor dienslewering
Loading player...
Die regering moedig Suid-Afrikaners aan om in Mandela-maand deel te neem aan aktiwiteite en hulp te verleen waar nodig. In hierdie maand kry mense die kans om die lewe en nalatenskap van wyle president Nelson Mandela te gedenk deur diens aan ander en sterker gemeenskappe te bou wat meer vir mekaar omgee. Die regering se waarnemende woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê landsburgers moet deur die jaar ingestel wees op goedhartigheid, dienslewering en aktiewe burgerskap.

