
Vragmotorbestuurders kan nie bloed skenk op pad: Naretu
Loading player...
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, het sy steun uitgespreek vir pogings om vrywillige bloedskenkings in die vervoersektor te bevorder, maar trek die streep wanneer dit kom by vragmotorbestuurders wat moet bloed skenk terwyl hulle op die pad is. Dit kom nadat die Walvisbaai-korridorgroep en die Bloedoortappingsdiens 'n ooreenkoms onderteken het om vrywillige skenkings in die vervoersektor aan te help. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die unie se algemene sekretaris, Petersen Kambinda, dat die herstel van energie na bloedskenking tyd en rus verg.

