
Cosatu boos oor pensioenbyrdrae, 16 500 werkgewers is skuldig
Loading player...
Die vakverbond Cosatu sê werkgewers wat versuim het om bydraes aan pensioenfondse oor te betaal, moet aangekla en vervolg word weens diefstal, bedrog en korrupsie, en beskryf dit as massa-plundery. Volgens die jongste verslag van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor was 16 556 werkgewers teen die einde van Februarie hieraan skuldig. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê die agterstallige betalings beloop tans 8,33 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat sowat 590 000 werkers se toekoms in gevaar stel:

