
Yango se 'lang roetes': Windhoek is nie Moskou nie
Loading player...
Verbruikers en bestuurders in Namibië het verskeie klagtes ingedien oor Yango en ander e-taxi-dienste. Kwessies draai hoofsaaklik om ongelisensieerde bedrywighede, voertuigpadwaardigheid en regulatoriese inperkings. Die jongste is dat bestuurders buitengewoon lang roetes neem om “ekstra wag”-fooie by die ooreengekome tarief te voeg. Verbruikerskenner Milton Louw het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit aangespreek moet word voordat meer bestuurders dit uitbuit.

