
Los die Oranjerivier-grensgeskil op: PDM
Loading player...
Die PDM doen 'n beroep op presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Cyril Ramaphosa om die oplossing van die langdurige Oranjerivier-grensgeskil tydens hul bilaterale gesprekke in Suid-Afrika te prioritiseer. Die twee leiers is tans in Pretoria vir die vierde Namibië-Suid-Afrika Binasionale Kommissie. PDM-leier McHenry Venaani sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibiërs vordering met die kwessie verwag, wat sedert onafhanklikheid onopgelos gebly het, en dring daarop aan dat die regering nie langer optrede kan vertraag nie.

