Namibië bied die 19de Afrika Openbare Diens-dag Tegniese Simposium tot 23 Julie in Swakopmund aan, met streeksuitstallings en besprekings met belanghebbendes. Die fokus is op water en sanitasie. Wayambekange Hamufenhu, senior ontwikkelingsbeplanner in die departement van landelike watervoorsiening en sanitasie in die landbouministerie, het van die uitdagings uiteengesit.
AfriForum sê die regering moet dringend misdaad in die nommerplaatbedryf vasvat om die verspreiding van nagemaakte en gekloonde nommerplate te stop. Die organisasie sê swak wetstoepassing het dit makliker gemaak vir misdadigers om te oortree en opsporing te vermy. Louis Boshoff van AfriForum het die besluit verwelkom om die uitrol…
Die LUR van Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma sê padveiligheidsoptrede sal verskerp word. Dit volg nadat 'n oorlaaide minibustaxi met 36 leerders op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal naby Park Rynie gevind is. Woordvoerder Ndabezinhle Sibiya sê die taxi is gekonfiskeer en die bestuurder, wat…
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se oorlog teen Iran kos tot dusver sowat 615 miljard Namibiese dollar. Dit sluit uitgawes in soos etes vir soldate, en is meer as die vorige raming van byna 476,98 miljard dollar in middel-Mei. Minstens 17 soldate is sedert…
Die Suide beleef tans 'n skouspelagtige veldblommeseisoen, met Aus en omliggende gebiede wat deur kleurvolle blomme omskep word. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein-Aus Vista gepraat, wat sê dat etlike hektaar grond bedek is met heldergeel en pers blomme. Hy nooi reisigers uit om 'n draai te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.