
Namibië, SA sluit sewe ooreenkomste
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië moet hul samewerking versterk om ekonomiese groei en gedeelde ontwikkeling te bevorder. Hy en die Namibiese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was medevoorsitters van die vierde bi-nasionale kommissie in Pretoria. Suid-Afrika en Namibië het hul bilaterale betrekkinge versterk deur sewe ooreenkomste te onderteken, wat indiensneming en arbeid, kapasiteitsbou in openbare administrasie, bilaterale lugdienste, regsamewerking, korrektiewe dienste, geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue dek, asook 'n ekonomiese vennootskap tussen die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid en die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid.

