
Twintig onwettige myners in Gauteng vas
Loading player...
Die polisie sê Operasie Prosper behaal steeds beduidende sukses met die ontwrigting van onwettige mynboubedrywighede en die uitwissing van misdaadsindikate wat in verlate en aktiewe mynbougebiede in Gauteng werksaam is. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê 20 onwettige mynwerkers is Vrydag in die provinsie in hegtenis geneem, en 19 was onwettige buitelandse burgers. Sy sê tussen April en Junie vanjaar is 793 verdagtes, insluitend 595 onwettige immigrante, in hegtenis geneem, tydens gesamentlike operasies tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Gauteng:

