Vrae oor digitale vennootskappe met banke

Loading player...
Die Forum for South Africa is bekommerd oor privaat banke se toenemende betrokkenheid by die lewering van slim-ID-dienste wat in wese 'n regeringsverantwoordelikheid is. Die departement van binnelandse sake het aangekondig meer as 385 000 slim-ID-aansoeke is reeds verwerk deur die digitale vennootskap met Capitec, Standard Bank en First National Bank. Fosa se leier, Tebogo Mashilompane, wil weet of privaat banke finansieel baat by hierdie dienste. Hy sê die regering moet die aard van hierdie ooreenkomste volledig bekendmaak:
19 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis ingryping na nog 'n 'politieke' moord

Die DA in Gauteng vra ingryping deur die Taakspan vir Politieke Moorde en ander wetstoepassingsagentskappe, vir 'n dringende ondersoek na die saak van die vermoorde Emfuleni Munisipaliteit-werknemer en -fluitjieblaser, Martha Mani Rantsofu. Volgens getuienis in die Vanderbijlpark-landdroshof het 'n klag deur Rantsofu die Emfuleni Munisipaliteit se betrokkenheid by die vloottenderbedrogsaak…
21 Jul 11PM 1 min

Trump en Libanon se Aoun vergader

Die president van Libanon, Joseph Aoun, het Amerikaanse president Donald Trump by die Withuis ontmoet om 'n vierdaagse besoek aan Washington af te sluit. Hy het gevra dat Amerika aanhou om sy land se weermag te steun, en gewaarsku dat Suid-Libanon kan terugkeer na die chaos van die 1970's daarsonder…
21 Jul 11PM 1 min

Steun vir privaatsektor by Kaapstad-hawe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Landbou, Ekonomiese Hervorming en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom Transnet se besluit om privaatsektor-vennote vir die Kaapstadse hawe te bekom. Hulle sê verbeterde hawe-doeltreffendheid sal uitvoere versterk, beleggings lok en werk skep. Meyer sê dit sal opeenhoping en vertragings help verlig, sake-koste…
21 Jul 11AM 1 min

AU-komitee sitting in Windhoek het sosiale-, arbeidsagenda

Namibië gaan 'n sleutelrol speel in die vorming van Afrika se sosiale en arbeidsagenda wanneer die land van 27 tot 31 Julie in Windhoek gasheer sal wees vir die Afrika-unie se Sesde Gespesialiseerde Tegniese Komitee oor Sosiale Ontwikkeling, Arbeid en Indiensneming. Maria Hedimbi, die arbeidministerie se woordvoerder, sê die hoëvlakbyeenkoms…
21 Jul 11AM 1 min