
Kubayi soek Johnson se afdanking
Loading player...
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê sy gaan president Cyril Ramaphosa vra om die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, te skors. Dit volg ná getuies ernstige bewerings gemaak het oor die gedrag van IDAC-amptenare en hulle hoof. Johnson sal môre voor die Madlanga-kommissie verskyn. Kubayi het aan SABC News gesê die ministerie sal nie inmeng met die werk van die Madlanga-kommissie nie en sal enige ingrypings aankondig wanneer nodig:

