
Olie skiet deur die US$90 per vat
Loading player...
Brent-ru-olie verhandel tans in die omgewing van 90 Amerikaanse dollar per vat. Ná die skerp prysstyging wat deur hernude spanning tussen die VSA en Iran in die Straat van Hormuz veroorsaak is, verwag ekonome dat pryse verder sal styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat meen dat die prys die vlak van 90 dollar per vat kan bereik indien die situasie verder eskaleer.

