
Operasie Prosper se verslag is broodnodig - DA
Loading player...
Die DA het 'n aansoek ingedien onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die langverwagte tussentydse Operasie Prosper-verslag van die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te bekom. Nicholas Gotsell van die DA sê daarsonder kan geen antwoorde of tasbare oplossings gebied word aan gemeenskappe wat daagliks onder die beleg van bendegeweld leef nie. Hy sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het voorheen erken dat na drie maande se ontplooiing nie 'n enkele bende ontbind is nie:

