Kenner waarsku oor kernkragplanne

Loading player...
Die regering se kernkraggesprekke met China het skerp kritiek ontlok van plaaslike energiekenner Harald Schütt. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China het sy gepleit vir nouer samewerking en tegnologie-oordrag vir binnelandse uraan-waardetoevoeging. Schütt waarsku dat die ontwikkeling van kernkrag 'n finansieel riskante en onnodige pad is. Hy beklemtoon dat die land eerder sy volop en goedkoper hernubare energiebronne, soos son- en windenergie, ten volle moet ontgin. Schütt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die risiko dat kernkrag-ontwikkeling nasionale soewereiniteit kan bedreig.
20 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steun vir privaatsektor by Kaapstad-hawe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Landbou, Ekonomiese Hervorming en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom Transnet se besluit om privaatsektor-vennote vir die Kaapstadse hawe te bekom. Hulle sê verbeterde hawe-doeltreffendheid sal uitvoere versterk, beleggings lok en werk skep. Meyer sê dit sal opeenhoping en vertragings help verlig, sake-koste…
21 Jul 11AM 1 min

AU-komitee sitting in Windhoek het sosiale-, arbeidsagenda

Namibië gaan 'n sleutelrol speel in die vorming van Afrika se sosiale en arbeidsagenda wanneer die land van 27 tot 31 Julie in Windhoek gasheer sal wees vir die Afrika-unie se Sesde Gespesialiseerde Tegniese Komitee oor Sosiale Ontwikkeling, Arbeid en Indiensneming. Maria Hedimbi, die arbeidministerie se woordvoerder, sê die hoëvlakbyeenkoms…
21 Jul 11AM 1 min

Staande komitee fokus op landelike netwerkkonnektiwiteit

Landelike netwerkkonnektiwiteit neem die middelpunt in terwyl die Parlementêre Staande Komitee oor Inligting- en Kommunikasietegnologie sy toesigbesoeke in die noorde voortsit. 'n Lid van die komitee, Willem Amutenya, het by Epinga in die Ohangwena-streek gepraat en beklemtoon dat beleggings in netwerkinfrastruktuur betekenisvolle voordele moet lewer aan die gemeenskappe wat hulle…
21 Jul 10AM 1 min

Kommer oor regering se ad hoc-aanstellings

Kommer word uitgespreek oor die aanstelling van die uitvoerende direkteur van die justisieministerie, Ben Nangombe, as hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, te midde van bewerings dat hy aangestel is sonder om 'n formele onderhoudsproses te ondergaan. Daar word ook beweer dat Nangombe deur minister Wise Immanuel vir die pos gekies…
21 Jul 10AM 1 min