
Demokrasie in land 'vereis nou aanspreeklikheid'
Loading player...
Die staatsbestuur-kundige Pius Dunaiski sê die onlangse oproep van IPC-leier Panduleni Itula dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah moet oorweeg om die parlement te ontbind, het ’n kritieke nasionale debat weer laat opvlam. Hy waarsku dat die voortdurende parlementêre dooiepunt op dieper uitdagings in staatsbestuur dui. Dit volg nadat die huidige parlement in 16 maande slegs een wetsontwerp, die begroting, goedgekeur en deurgevoer het. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Dunaiski dat die Namibiese politiek ’n era van groter politieke mededinging betree het.

