
AfriForum staan gereed vir hof oof Graaf Reinett hernoeming
Loading player...
AfriForum is gereed om Graaff-Reinet in die Oos-Kaap se hernoeming na Robert Sobukwe Town in die Hooggeregshof in Pretoria te betwis. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur en die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad sal die aansoek teenstaan. Alana Bailey van AfriForum sê die naamsverandering is ongrondwetlik en beskerm nie die dorp se geskiedkundige en kulturele erfenis van 240-jaar nie. Sy waarsku oor skade aan toerisme en die plaaslike ekonomie:

