
Daar's te veel olifante, dis al
Loading player...
Reaksie word ontvang op 'n studie wat deur die Namibiese Natuurstigting, in samewerking met die Oxford-universiteit, uitgevoer word oor olifante by kommersiële boere in die Kunene-streek. Aspekte van belang sluit in koste en voordele, sowel as die boere se sienings oor die diere en hul bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, 'n boer in die Outjo-omgewing, wat beklemtoon dat olifante eenvoudig nie op kommersiële plase behoort nie.

