
Namibiese hokkie-vroue verloor eerste wedstryd
Loading player...
Die Namibiese nasionale vrouehokkiespan het die eerste wedstryd van hul reeks van vier toetse teen Suid-Afrika met 4-0 by Elkanah House-hoërskool in Kaapstad verloor. Hoofafrigter Trevor Cormack sê die jong Namibiese span wat besig is met 'n heropbouproses, gebruik hierdie reeks as noodsaaklike voorbereiding vir die komende Afrika-spele. Hulle speel vandag die tweede toets.

